

WILMA SE PASTA ALA MAMA
1x 500g Pak Gekleurde Maccaroni
1 Houertjie Sampioene
1 Groot groen soetrissie (greenpepper)
1 Groot ui
2 Tamaties in ringe gesny
250 g stuk Ham in blokkies gesny
500 ml Gerasperde cheddar kaas
4 Eiers gklits
5 ml sout
10 ml Swartpeper
5 ml Rissiepitte
25 ml Braaipeserye
20 ml Knoffel in olie
15 ml Gedroogde Oreganum
15 ml Gedroode Pietersielie
15 ml Gemengde gedroogde kruie
Kook die pasta in ‘n pot met water waarby 5ml sout en 15ml kookolie gevoeg is tot net sag maar ferm
Braai die ui, soetrissie en sampioene in ‘n bietjie olyfolie tot gaar. Voeg al die speserye en kruie by en roerbraai vir 1minuut. Voeg die blokkies ham by en roer deur. Haal van die hitte af en hou eenkant
Maak ‘n witsous van 750ml melk, 30ml botter, 50ml koekmeelblom, 5ml sout en 5ml swartpeper.
Smeer ‘n vuurvaste bak met botter en bespuit met Spray and Cook. Skep ‘n laag pasta in die bak, dan die groentemengsel. Strooi 250ml kaas oor. Skep die oorblywende pasta oor. Strooi die witsous in ‘n dun straaltje oor die pasta. Strooi die eiers oor en die laaste 250ml kaas. Pak die tamaties bo-op die pasta-mengsel. Strooi bietjie Pietersielie oor en bak in ‘n warm oond vr 45 min tot goudbruin en die eiers gestol is.
Bedien met ‘n groenslaai
Genoeg vir 6 persone
Resep en Foto: Wilma Josey Venter






