

SPEK EN KAAS BROOD
Kaas en bacon broodjie gebak, baie maklik!
1½ koppie kaas
250 g spek
500 g bruismeel
500 ml karringmelk
Sout
Sit oond aan op 180⁰C
Maak spek gaar.
Meng meel, 1 koppie kaas en spek saam.
Meng die sout en karringmelk saam en voeg by.
Strooi die halwe koppie kaas bo-oor.
Sit in broodpan en bak vir 1 uur lank.
Ek het net 125 ml melk bygevoeg, deeg het droog gelyk, en ‘n pakkie wit sop poeier ook bygegooi.
Bron: Elizna Nel
Foto: Arushka Bothma
Wenk: Pieter van der Westhuizen – Sit ‘n klein bietjie bakpoeier by dan rys hy nog meer.






