

SJOKOLADEKOEK MET KARAMEL EN BAR-ONE VULSEL
Koek:
4 eiers
375 ml (1¾ koppie) strooisuiker
500 ml (2 koppies) koekmeel
30 ml (2 eetlepels) kakao
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
knypie sout
250 ml (1 koppie) melk
75 ml (5 eetlepels) olie
5 ml (1 teelepel) vanilla geursel
Vulsel:
90 g (1 pakkie) karamelkitspoeding
250 ml (1 koppie) melk
397 g (1 blik) karamelkondensmelk
250 ml (1 koppie) vars room
3 (60 g elk) Bar-One sjokolade
Stel oond op 180C.
Koek:
Klits eiers tot liggeel. Voeg suiker by en klits tot dik. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout saam. Verhit melk tot louwarm en voeg olie by. Meng meel en melkmengsel beurtelings by eiermengsel. Voeg vanilla by en meng. Skep deeg in twee gesmeerde ronde koekpanne met ‘n 22 cm-deursnee. Bak vir 30 min of tot toetspen skoon uitkom. Laat bietjie in panne afkoel en keer dan uit op afkoelrakkie tot heeltemal koud.
Vulsel:
Klits kitspoeding en melk saam vir 2 min. Roer kondensmelk tot glad en voeg by kitspoedingmengsel. Klits room styf en roer by kitspoedingmengsel. Rasper twee Bar-Ones op die growwe kant en roer by kitspoedingmengsel. Sny koek in horisontale lae en smeer vulsel op elke laag. Plaas koeklae opmekaar. Smeer laaste vulsel op bokant van koek. Sny of rasper oorblywende Bar-One op die koek.
Foto en resep geplaas deur Laudia Els Crouse







geskuif