RONELL SE GROENBOONTJIEBREDIE
1 kg vleis van jou keuse
2 groot uie opgesny
3 groot aartappels in blokkies gesny
1 kg vars groenbone opgekerf
4 tamaties in kwarte gesny
Speserye en sout en peper
Braai jou uie bruin en voeg dan jou vleis en spices by en braai bruin met deksel op geen water.
Voeg nou klein bietjie water by en kook vir 30 min. Ek het braaipan gebruik.
voel op vleis half sag is.
Voeg nou tamaties by en kook tot lekker dik sousie vorm. Kan klein bietjie water byvoeg as moet.
Voeg nou jou groenbone en aartappel kwarte by met sout en peper en bietjie water as jy moet. Prut tot kos gaar is moet nie droog kook daar moet sousies wees. Dikkerige sousie nie waterig.
Bedien met rys en soetpatats. Jou keuse.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff