

RINIE SE BEETSLAAI
8 middelslag bete, gewas en stele afgesny
1 rooi ui, in ringe gesny
150 g fetakaas, gekrummel
Slaaisous:
80 ml mayonaise
80 ml blatjang
20 ml balsamiese asyn
1 eetlepel heuning
Kook die bete vir 25 tot 20 min, verwyder van die hitte en skil voor dit heeltemal afgekoel is.
Sny die bete in kwarte en meng met die rooi uie.
Plaas op ‘n bord en sprinkel die kaas oor.
Meng die slaaisous se bestanddele en giet oor die slaai net voor opdiening.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






