RAAD VIR MARMALADE
Joyce Woodley (FOTO BO)
Ek gebruik ‘n julienne skiller om die skil in repies te kry, en druk die sap uit. Die pitte, sap en skille meet ek. As daar byvoorbeeld vier koppies is, dan voeg ek vier koppies water by. Week die mengsel oornag, en kook dit die volgende dag vir ‘n halfuur. Dan meet ek weer hoeveel koppies daar is en voeg dan soveel koppies suiker en ‘n paar stukkies gemmer by.Bring dit stadig tot kookpunt sodat die suiker kan smelt. Kook dit dan vinnig. Wanneer die mengsel soos lava begin kook is jou marmelade reg. Laat dit afkoel sodat die skilletjies nie afsak in die marmelade nie. Moenie dikwels roer nie, dit maak die marmelade troebel. Marmelade moet in klein hoeveelhede gekook word sodat dit vinnig kan kook.
Petro Borchard
Ek kook die hele lot saam tot sag genoeg om vleis maklik uit te krap en sny die skil in repies. Daarna kook ek die skil apart indien nog nie sag genoeg en gooi daarna die lot bymekaar en kook tot gereed
Beteken “die lot bymekaar”, dus dat jy die vleis benut in die Marmelade ?
Ja ek doen. Wanneer ek lemoen marmelade doen gooi ek nog van daai lemoen konsentraat (soos Minute Maid) by om die smaak te konsentreer.
SUURLEMOENMARMELADE
Weeg 12 pas ryp suurlemoene se gewig in wit suiker af. Halveer die suurlemoene, druk die sap uit en sit eenkant. Week die pitte in 250ml koue water. Bedek die suurlemoendoppe met koue water, verhit dit tot kookpunt en kook dit totdat dit sag is sodat daar ‘n vuurhoutjie maklik deur gesteek kan word. Dreineer die doppe, verwyder die albedo en gooi dit weg. Sny die doppe in kort, smal strokies. Verhit die suiker, suurlemoensap en die water waarin die pitte geweek het stadig saam tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit tot effens stroperig. Voeg die repies skil by die stroop en kook dit taamlik vinnig tot die regte dikte, roer die mengsel af en toe. Wanneer ‘n klein bietjie van die stroop jel op ‘˜n koue piering getoets word, en dit rimpels stoot met die vinger is dit gereed om gebottel te word. Skuim die marmalade af indien nodig en laat ‘n rukkie afkoel. Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.