PETRE SE SJOKOLADE SOUS VIR WAFFELS
3 eetlepels botter/margarien
3 eetlepels kakao
1 eetlepel vlapoeier
3 eetlepels suiker
Knippie sout
1 teelepel vanieljegeursel.
Smelt botter in kastrol. Voeg kakao by en meng goed, Maak vlapoeier met ‘n bietjie melk aan en voeg by kakao. Meng goed, voeg melk by en kook deur tot verlangde dikte. Voeg sout, suiker en vanielje geursel by, kook goed deur en bedien koud of warm..
Resep en Foto: Petré Van Jaarsveld