


LIEZL SE RICE KRISPIE EN MALVALEKKERTERT
Smeer / spuit glasbak met Spray n Cook. Smelt dan ‘n pak marshmallows in die mikrogolf en meng met +- 4 koppies rice krispies. Druk vas in die bak se bodem en plaas in yskas vir 30 min om te set.
Klits 500 ml room styf en voeg 1 blik karamel kondensmelk by. Klits verder tot net gemeng.
Sny ‘n paar piesangs in dun ringetjies en snipper een pak marshmallows – ek love die klein marshmallows omdat dit nie ‘n taai affêre is nie.
Smeer ‘n laag kondensmelk, pak ‘n laag piesangringe en gooi ‘n klomp marshmallows oor.
Herhaal die lae.
Laastens sit ek sommer van die bottel spuitroom bo oor.
Dis heerlik!!
*suurlemoensap kan by die kondensmelk mengsel gevoeg word om die soet te breek en hoeveelheid hang af van elkeen se smaak.
*kremoratert mengsel werk ook goed vir die teřt
Resep geplaas deur Liezl Brandt






