

DESIRE SE AARBEI YSKAS TERT
Sommer uit my kop uitgemaak
1 Orley Whip
10 aarbeie, opgesny
1 kondensmelk
1/4 kop suurlemoensap
1 Nutriday raspberry jogurt (100 g)
Tennis beskuitjies
In elektriese menger klits Orley Whip tot styf, voeg kondensmelk by, dan die suurlemoensap en dan die jogurt. Klits tot styf, vou aarbeie by en gooi mengsel in bak met tennis beskuitjies. Sprinkel bietjie beskuitjie krummels oor en indien verkies ‘n paar skyfies aarbeie
Plaas in yskas om te stol
Foto en resep deur Desiré Watkins






