

CREMORA PYNAPPELTERT
500 g Cremora
410 g blikkie crushed pynappel, Verkoel ( Moet yskoud wees)
200 ml suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 pak Tennisbeskuitjies
1 Groot bak.
Pak die bodem van die bak met Tennisbeskuitjies.
Meng die Cremora en hele blikkkie pynappels met sous en al saam.
Meng die suurlemoensap en kondensmelk saam.
Voeg by Cremora mengsel en meng goed.
Skep die mengsel in die bak wat gepak is met tennisbeskuitjies en maak gelyk.
Versier met verkrummelde Tennisbeskuitjies.
Die tert is dadelik gestol en kan ook sommer as jy gaan kamp gemaak word, jy het nie yskas nodig nie.
Resep: Meisie van der Colff
Foto: Nicolette Yssel






