BOEREWORS EN TUISGEMAAKTE TAMATIE SMOOR.
Sny wors in grote wat jy verlang.
Braai net so liggies in eie vet aan albei kante.
TAMATIE SMOOR
Braai 2 gekapte uie nou saam met wors in worsvet.
Sny 6 medium ryp tamaties in skywe en pak bo op wors en uie.
Voeg sout en peper by en kook vir 30 minute tot nie meer waterig nie. Deksel halfpad af.
Indien waterig voeg n eetlepel tamatiesop poeier by anders net suiker na smaak.
(Jy kan tamatiesous en blatjang byvoeg )
Ek het vandag die Geen knie brood gebak op die blog en die wors en smoor bo op snytjies brood gesit vir ete.
BRON en FOTO: Ronell Boshoff