BISMARCK DU PLESSIS SE VLAKOEK
Die koek smaak die lekkerste die dag na dit gebak is .
1 koppie koekmeel
75 ml mielieblom
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 ekstra groot eiers, geskei
250 ml strooisuiker
105 ml yswater
Vlavulsel:
500 ml melk
75 ml vlapoeier
1 ml sout
125 g botter, teen kamer temperature
180 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
Koekiekrummels vir bolaag
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer en voer 2 x 20 cm koekpanne uit. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam. Klits eiergele en suiker in ‘n afsonderlike bak tot lig en skuimerig. Vou die gesifte droë bestanddele saam met die yswater in. Gebruik ‘n skoon klitser om die eierwitte styf te Klits en vou dit in. Giet die beslag in die voorbereide panne en bak vir 25 – 30 minute. Laat staan vir 10 minute voordat jy dit op ‘n rak uitkeer. Laat heeltemal afkoel.
Om vulsel te maak, verhit 400 ml van die melk. Roer die vlapoeier by die oorblywende melk in. Voeg die verhitte melk by die vlamengsel, roer goed, voeg sout by, giet dit terug in die kastrol en laat opkook. Roer aanhoudend sodat dit nie aan brand nie. Verwyder van die hitte en laat af koel. Klits die botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg die vanielje by. Klits die afgekoelde vlamengsel by.
Om die koek te versier, sny elke koek horisontaal middeldeur om twee lae te vorm. Jy sal vier lae hê. Smeer die vla tussen die lae en op die boonste laag.
Strooi koekiekrummels bo-oor.
Resep geplaas deur Petro van Genderen
Foto: Petro van Genderen
One thought on “BISMARCK DU PLESSIS SE VLAKOEK”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
Geskuif