15 MINUTE ROLO KOLWYNTJIES
Maak 24
1 boks sjokolade koek mengsel aangemaak volgens instruksie.
Versiersel aangemaak soos instruksie, maar vervang botter met roomkaas en sit vanilla by.
2 pakkies rolo sjokolade
Verhit oond op 180-200 ºC.
Plaas kolwyntjie papiertjies in pannetjies.
Maak die papiertjies die helfde vol en plaas een rolo in die middel.
Skep dan die resvan die deeg tot so driekwart vol.
Bak vir 15 minute.
Koel 10 min af in pan.
Versier wanneer heeltemal afgekoel het.
Resep geplaas deur Leandri Potgieter
Foto: Leandri Potgieter