



SPOG BASAAR KLAPPERYS
Meng:
540 g versiersuiker
2 teelepels kremetart
2 blikkies kondensmelk
Voeg by en meng goed:
500 g klapper
Partykeer is klapper fyner as gewoonlik, as mengsel bietjie pap is voeg net nog klapper by.
Deel mengsel in 2 of 3 dele soos verkies en kleur met gewone of gel kleursel.
Druk in pan die verskillende lae plat en laat in yskas vir ‘n paar uur staan tot heeltemal styf.
Sny in blokkies.
Hierdie klapperys lyk nie net mooi nie maar die smaak is PERFEK!!!!
GENIET DIT!!😊😊😊😊
2de en 3de fotos: Meisie van der Colff en Linda Holzhausen
Foto en variasie deur Kokkedoor Tessie Els Kemp
Ek strooi altyd goue glitter bo op, dit lyk baie mooi.







geskuif