

RYK EN ROMERIGE SAMPIOEN EN GEROOKTE HAM LINGUINE
Kook linguine soos aangedui op die pak. Braai 250 g portabellini sampioene (skyfies gesny) liggies in bietjie olie en botter (die olie help dat die botter nie brand nie) en voeg 125 g dungesnyde gerookte ham snippers by. Voeg 250 ml vars room by en verdik effens met mielieblom indien verlang. Dreineer die pasta en gooi by die warm roomsous of bedien die roomsous bo-op die warm pasta. Garneer met fyngesnipperde grasuie en bedien met gerasperde Parmesan kaas.
Bron en foto: Elsabie Templeton






