PETRO SE GEBAKTE ALASKA
Sorg dat jou roomys basis so hard gevries is as wat jy dit kan kry – berei verkieslik die vorige dag voor.
Sit jou oond op sy warmste stelling.
Gekoopte Madeira spons koek in 2 cm skywe gesny. Druk sirkels uit die grootte van die houers waarin jy die Alaskas gaan maak. Ek het Stainless Steel glase gebruik.
Sny roomys van jou keuse ook in 2 cm skywe en druk ook sirkels uit.
Vrugte coulis van jou keuse(vrugte pulp gemeng met suiker en gekook tot effens verdik) Ek het swart kersies gebruik.
Opsioneel: neute, vrugte stukke, koek krummels
Pak die roomys eerste in die houer, gevolg deur coulis, die opsionele items indien gebruik en heel laaste die skyf Madeira koek. Vries kliphard
Net voor jy die poeding wil voorsit, maak die meringue.
Meringue
2 eier witte,
150 g strooi suiker
Gooi strooisuiker in plat bord, verhit in warm oond tot baie warm maar nie gesmelt. Klits eier witte styf, gooi die warm strooisuiker lepels gewys in terwyl jy klits. Wanneer die mengsel ‘n blink skynsel het, is dit gereed.
Doop die gevriesde houers in kookwater vir paar sekondes en gly die inhoud uit op oondvaste bakplaat. Sorg dat daar minstens 1 cm tussen elke poeding is. Bedek elkeen met ‘n laag meringue (omtrent 1 cm dik), sorg dat daar geen stukkie is wat nie bedek is nie. Maak punte met ‘n platlem mes sodat die oppervlak ongelyk is.
Sit dadelik in die baie warm oond vir 3 – 4 minute tot die meringue net begin verbruin. Sit dadelik voor met nog coulis.
Bron: Mev Beeton
Foto: Petro Borchard
geskuif