

ERNA SE VINNIGE VISKOEKIES
(Ek maak dit baie vir ‘n vinnige middagete of ligte aandete)
1 blik pilchards in tamatiesous
1 groot eier
1 eetlepel worcestersous
1 eetlepel tamatiesous
1 eetlepel suurlemoensap of asyn
1 teelepel visspeserye
½ koppie oats
2 teelepel bakpoeier
½ koppie koekmeel
Olie vir vlak braai
Skep die vis saam met die sous in ‘n mengbak. Haal graatjies uit as jy wil.
Druk stukkend met ‘n vurk.
Voeg die eier by en meng deur.
Voeg die worcestersous, tamatiesous, suurlemoensap en visspeserye by.
Meng goed deur.
Voeg oats, bakpoeier en koekmeel by en meng goed.
Verhit vlak olie in ‘n pan.
Braai eetlepels vol in vlak olie oor matige hitte.
Maak ongeveer 14 koekies
Resep en foto: Erna Van der Merwe







geskuif