

CAMARI SE SPAANSE OMELETTE
Hier in Tanzania, as jy gelukkig genoeg is om iets anders bo die gewone ‘gekookte eier’ op die menu te kry vir ontbyt, is daar omelette – plain, cheese of Spanish. Nou Spanish is ons favorite! Hier is my weergawe, easy peasy.
1 knoffelhuisie (fyn gerasper / gedruk)
1 tamatie fyn gekap, ons gebruik ‘jam’ tamaties, lekker baie vleis.
1 eier (ek het blerts volroom melk bygeklits, vars uit die speen)
Braai die knoffel in genoeg olie (ek gebruik Makadamia olie vir ektra voedsaamheid en geur), voeg die tamatie by en braai tot sagter maar steeds ferm.
Giet die eiermengsel egalig oor, sout, peper en ‘n groenegeitjie.
Plaas ‘n deksel op en wag vir die eier om te stol. Skep versigtig uit op ‘n bord of wikkel die eier los, plaas ‘n bord bo-op en dop so uit.
Variasie – rooi uitjie, soetrissies, gerasperde wortel ens. Knoffel is ons persoonlike gunsteling (en hou boonop die nare malaria muskiete weg).
Bron en foto: Camari Fourie Strobos






