BEPROEFTE LEMON MERINGUE TERT
Kors:
1 pak tennis beskuitjies fyngemaak in voedsel verwerker. Gooi dan 90gr gesmelte margarine by en meng weer deur die verwerker.
Pak vas in die bak en sit in yskas.
Vulsel:
Meng 3 eiergele – 1 blik kondensmelk – halwe koppie suurlemoensap saam.
Klits net tot deurgemeng. Nie te lank klits nie want dan sal die vulsel split.
Bak teen 180°C vir 15min
Haal uit oond en sif met ‘n fyn sif ‘n bietjie maizena oor.
Skep jou meringue bo op en bak dan teen 150°C tot regte kleur van jou keuse.
Meringue:
Vir die bak op die foto is net reg vir die vulsel – so ek gebruik dan
6 eierwitte
60 ml suiker
1/4 t kremetart
5 ml suurlemoensap
-klits eierwitte tot sagte punt
-klits suiker bietjie vir bietjie by. 10ml op ‘n slag tot deurgemeng en opgelos
-klits kremetart by
-klits suurlemoensap by
Skep op meringue. Die maizena wat jy opgesit het sal help dat die meringue vasklou .
Laat afkoel in oond met die deur ‘n entjie oop.
As jy di vulsel dubbel aanmaak vir ‘n groter bak en jy moet meer eierwitte gebruik onthou sit 10ml suiker by die meringue vir elke eierwit wat jy extra gebruik
Foto en resep Elschen Bornman