



ADAM SE OONDGEBAKE VARKTJOPS IN MARINADESOUS
1 kg varktjops
1 eetlepel sojasous
2 eetlepels olie
1 eetlepel worchestersous
1 eetlepel suurlemoensap
2 eetlepels bruinsuiker
2 eetlepels tamatiesous
Smeer helfte van die sous oor die tjops en bak by 180ºC in die oond vir 30 minute. Draai die tjops om, smeer die res van die sous oor en bak verder vir nog 30 minute of tot tjops gaar is.
Oond temperatuur en baktyd kan afhang van die dikte van die tjops.
Volgens die slim mense moet varktjops ‘n temperatuur van 63ºC binne hê om gaar te wees. (met ‘n spoed termometer gemeet)
Bron: Adam Cloete
Eerste foto: Adam Cloete
Tweede en derde foto: Ellen Louw en Petré van Jaarsveld







Petré Van Jaarsveld
Aandete… Adam se oondgebakte Varktjops in marinadesous, (Dit was uit die boeke… Heerlik…),
Ellen Louw
En dit was heerlik, dankie Adam Cloete!
Joan van den Berg
Adam Cloete Baie baie lekker Liefie het dit vanaand gemaak