ADAM SE DIEPGEBRAAIDE HOENDERMAGIES
1 kg hoendermagies (ek het magies en hartjies gebruik)
1 grof opgekapte ui
2 Selderystingels in groot stukke gesny
2 Lourierblare
sout na smaak.
1 teelepel cumin poeier
2 teelepels Italiaanse kruie
1 eetlepel soet rissiesous
1 teelepel (of na smaak) cayen peper.
nog sout of Aromat na smaak
bietjie meel.
Olie vir diep braai
Metode:
Kook die hoendermagies, saam met die uie, seldery, lourierblare en sout na smaak in genoeg water om dit te bedek vir 2 en ‘n ½ uur of tot dit baie sag is. Voeg nog water by indien nodig, of stoom dit in ‘n stoompot in ‘n koppie water vir 45 minute. Dreineer en haal die uie en seldery uit, maar hou die vloeistof eenkant.
Meng ‘n bietjie van die kookvloeistof wat eenkant gehou is met die soet rissiesous, cumin, cayen peper en Italiaanse kruie in ‘n bak en plaas die gaar magies daarin. Roer dit goed deurmekaar sodat dit deeglik bedek is en marineer vir ten minste een uur in die yskas. Roer nou en dan.
Dreineer en stof die magies ‘n paar op ‘n slag met meel en diep braai in warm olie, vir 3 tot 5 minute. Dreineer op kombuispapier en strooi bietjie Aromat of fyn sout oor terwyl warm.
Bron en foto: Adam Cloete