

WIT VERSIERSEL
Foto: Elzetna de Bruin
FOOD LOVERS RECIPES
Vorige week het ek gevra vir ‘n glutenvry koek resep, maar het kortpad gevat en ‘n premix gekoop.
My uitdaging – om ‘n Kawasaki groen koek te bak, met ‘n beslag waarmee ek nie bekend is nie.
Dit was ‘n sukses! niks te sien van buite tot hulle hom gesny het. Maar nou het ek ‘n lat vir my eie agterste gepluk!
Die icing is
200 g botter
3 koppies versiersuiker, gesif
1 eetlepel melk
1 teelepel vanilla geursel
Klop botter tot byna wit, voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by.
Voeg melk en vanilla by en meng goed.
(kon ongelukkig agv ons warm weer nie mascarpone gebruik nie, daarom my keuse vir die icing)






