WIT VERSIERSEL
Vorige week het ek gevra vir ñ glutenvrij koek resep, maar het kortpad gevat en n premix gekoop
My uitdaging…. Om n Kawasaki groen koek te bak, met n beslag waarmee ek nie bekend Is nie.
Dit was n succes! niks te sien van buite tot hulle hom gesny het. Maar nou het ek n lat vir my eie agterste gepluk
Die icing is
200g botter,
3 koppies versiersuiker ( gesif),
eetlepel melk en
teelepel vanilje.
Klop botter tot byna wit, voeg versiersuiker bietjie vir bietjie by, voeg melk en vanilje By, meng goed. ( kon ongelukkig agv ons warm weer nie mascarpone gebruik nie, daarom My keuse vir die icing)
Foto: Elzetna de Bruin