

TOFFIE-APPELPOEDING
Foto en resep geplaas deur Leandri Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
Appels:
6 appels van jou keuse, geskil, ontkern en in wiggies gesny
60 ml gouestroop
15 ml gesmelte botter
5 ml vanieljegeursel
Beslag:
450 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
250 ml ligbruinsuiker
200 ml louwarm melk
150 g botter, gesmelt
2 eiers
Stroop:
125 ml gouestroop
180 ml ligbruinsuiker
180 ml kookwater
sap van 1 lemoen of suurlemoen
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n bak van 30 cm met botter.
Kook die appelwiggies vir ’n paar minute in kookwater tot halfgaar, dreineer en druk droog. Pak die appelringe in die oondbak.
Meng die gouestroop, botter en vanieljegeursel en gooi oor die appels. Laat staan eenkant.
Meng die koekmeel, bakpoeier en suiker in ’n mengbak.
Klits die melk, botter en eiers saam en voeg by die droë bestanddele. Klits tot ’n dik, gladde beslag.
Giet oor die appels in die bak.
Roer die bestanddele vir die stroop saam tot die suiker opgelos is en giet oor die poedingbeslag.
Bak vir 35 minute tot diep goudbruin en die karamelsous teen die kante borrel.
Sit voor met roomys, vla of room. Lewer 12 porsies.






