

STIRFRY ALA CECILY
Wat het jy nodig”
hoender
vark of bees
een heel uie
spice soos origanum
mix spice, bbq spice, sout, peper
Ek het nie hoeveelhede nie so proe jou kos soos dit gaar raak en voeg dan by soos jy goed dink.
Braai die vleis en die uie goed deur met al die spice. as dit amper gaar is dan gooi jy
‘n halwe koppie water aangemaak met minder as ‘n halwe pakkie bruin uie sop by en roer goed deur saam met die vleis.
Daar na voeg jy chutney weereens na smaak by en as jy iets soos Jimmy sous of Heinz se bbq sous in huis het by.
Wat jy ook kan doen, is om ‘n bietjie suiker by te voeg of sommer appelkoos konfyt.
Laat dit prit, dan hier kom die trick.
Niemand hou van pap groente nie. So wat jy doen jy vat ‘n pot of ‘n mikrogolf bak sit bietjie water onder in en stoom jou groente, terwyl dit nog lekker crispy is, voeg dit dan by die vleis met sous en sit plaat sommer warmer laat hy net vinnig deur trek.
En daar is jou gesonde stirfry, jy kan hom met of sonder rys eet.
Bron en foto: Cecily Immelman






