


RONEL SE VINNIGE “UIT DIE KOP” KOEKIES
Hierdie resep maak ongeveer 90 – 100 koekies
3 eiers
1 ½ koppie suiker
½ koppie margarien
3 koppies koekmeel
3 teelepels bakpoeier
knippie sout
Klits die eiers en suiker goed saam.
Voeg die margarien by.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Meng die eiermengesel met die meelmengsel en maak ‘n stywe deeg.
Rol in ‘n lang rol en sny in skyfies.
Bak 10 – 15 min by 180ºC – of tot koekies bruin is.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma
2de foto: Adam Cloete







Geskuif
Ronel Muller Thoma, dit mag “uit die kop” koekies wees maar vir ‘n ou wat sku is om koekies te bak is dit die wonderlikste resep ooit, baie dankie!! Dit is die beste soet koekies wat ek nog ooit gebak het