


GIDEON SE VARS SUURLEMOENSAP
Ek het die helfte van my boom se suurlemoene gepluk en versap om sodoende suurlemoendrankie te maak
Sny die suurlemoene middeldeur en versap met n versapper om al die sap uit te kry
Ek hou nie van dit so erg soet nie en het die suiker verminder om sodoende meer surigheid na my smaak te kry
Gebruik 1kg suiker op 2 liter suurlemoen sap en bring die mengsel stadig tot net voor kook punt
Ek giet dan as die sap afgekoel is dit in 1 liter plastiek bottels en as ek daarvan wil drink gooi ek 100 ml sap op 1 liter water dan is dit na my smaak
Ek vries dan ook die sap en soos ek dit wil gebruik ontdooi ek dit in die somer maande as dit so warm is ek het 12 liter sap gemaak Djeerlik !!
Foto en idee: Gideon Louw
Janetta Schoonbee Smith
Ek het self suurlemoene uitgepars. Ek het gelyke hoeveelheid in liters sap en suiker saam verhit en tot suiker opgelos is. Daarna deur doek gegooi en gebottel. Verdun met koue water is dit heerlik verfrissend. Ook sommer in swart tee. En ek meng bietjie van die sap sommer met enige ander sap.






