

ALTA SE PYNAPPELBLATJANG
2 groot pynappels wat in blokkies gesny is
2 groot uie gekap
1½koppie suiker
½ koppie asyn
2 teelepels kerriepoeier
‘n ruim ½ teelepel droë mosterd
4 teelepels maizena
Kook al die bestanddele buiten mazeina in erde of vlekvrye kastrol, tot pynappels en uie sag is, Meng maizena met bietjie water, roer by pynappel en kook deur. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
Bron: onbekend, geplaas deur Alta Gunter Van Dyk






