ADRI SE “MIRROR CAKE”
Ek het verlede naweek n ‘Mirror Cake” gemaak…
Ek het op Martha Steward se blad die resep gekry…dit het na die maklikse een vir my gelyk van al die wat orals op die internet te kry is. Het die volgende stappe gevolg.
* Die dag voor die tyd het ek n sponskoek (sommer n boks koek) gebak en dit n “crumb coat” gegee om dit so glad moontlik te maak.
* Sit die koek oornag in die vrieskas.
* Smelt 300g strooisuiker, 200g kondensmelk en 150 ml water oor medium hitte en roer af en toe.
* Gooi intussen 19g gelatien poeier oor 125ml water en laat dit swel.
* Sodra die kondensmelk mengsel begin borrel haal dit van die hitte af en meng die gelatien mengsel daarin. Meng goed totdat die gelatien opgelos is.
* Gooi nou die warm mengsel oor 350g wit chocolate chips en laat staan vir 5 minute. Meng tot al die sjokolade gesmelt is.
* Meng jou gel kleursel in tot goed deur gemeng.
* Laat dit nou afkoel tot 37 grade C.
* Gooi die versiersel oor die gevriesde koek. Ek het die koek op n piering binne in n oondbak gesit want dis nogals n groot gemors soos dit oorloop.
* Laat staan vir so 10 minute en gebruik dan n mes om die druppels af te haal.
* Sit op jou opdien bord en versier met vrugte.
Foto en resep: Adri Redlinghys