

ERIKA SE HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL
Resep en foto: Erika Foot
FOOD LOVERS RECIPES
baba aartappels
gevriesde gemengde groente
500 g maalvleis (ek het wildsmaalvleis gebruik)
gerasperde kaas
Creme Fraiche (optioneel)
Robertson rustic garlic and herb speserye
½ pakkie Knorrox soya mince (ek het die oxtail, tomato and onion gebruik)
knoffel en pietersielie botter
gedroogde tiemie
Sout en peper
Water
15 – 20 ml Worcestershire
15 – 20 ml Asyn
Voorbereiding:
Ek het aartappeltjies oorgehad van gister se braai wat ek sommer gebruik het maar hier is wat ek gedoen het.
Kook aartappeltjies in water waarby bietjie sout gevoeg is. Sodra gaar dreineer. Plaas aartappels terug in pot en braai met die garlic & parsley botter, Robertson speserye en tiemie.
Sny in skyfies/ringetjies
Groente:
Kook gemengde groente tot gaar in water met knypie sout. Dreineer.
Maalvleis:
Braai maalvleis in knoffel en pietersielie botter, Robertson speserye en tiemie. Voeg bietjie asyn by en worcestershire. Sout en peper na smaak, maar passop om nie te veel sout in te sit nie aangesien die ander bestanddele ook souterig is. Braai tot amper gaar en vloeistof min is. Strooi dan soya maalvleis oor, roer goed en voeg bietjie, bietjie water by. Kook tot gaar. Ek het my beslag lekker dik laat kook.
Nou om alles bymekaar te bring:
Neem ‘n oondvaste bak en skep maalvleis daarin. Volgende skep die groente oor. Dis opsioneel, maar u kan lepels vol creme fraiche oor warm groente skep. Die volgende lagie is dan die skyfies aartappel en word dan afgerond met gerasperde kaas.
Dit kan in oond geplaas word vir kaas om te smelt maar ek het myne net so gelos.
Lekker eet!
Wenk: behalwe vir soya maalvleis kan ‘n blikkie lensies ook bygevoeg word om maalvleis bietjie te rek;-)






