

ZEE SE MAASKAAS YSKASTERT
1 blik kondensmelk
250 g gewone maaskaas
½ koppie suurlemoensap
Meng alles saam en sit in yskas om te stol.
Neem ‘n bak en pak ‘n laag tennisbeskuitjies en smeer ‘n laag van die vulsel.
Herhaal en eindig met gekrummelde beskuitjies.
Bere in yskas tot benodig.
Bron en Foto: Zee Grobbelaar






