VOLSTRUISNEK IDEES
Gillian Kruger Vermeulen
My resep, maar dis hoe ek my volstruispot gemaak het. Jou stoompot gaan ook werk.
Braai uie, knoffel en sampioene. Skep uit. Braai die vleis bruin, bedek al die vleis met 100% appelsap en gooi sout en peper by. Kook tot sag, gooi dan die uie, knoffel en sampioene terug by vleis. Meng sampioensoppoeier met melk en verdik sous. Voila en jy is reg om te bedien.
Rita Labuschagne
Hou dit eenvoudig. Ek sal dit soos beessstert gaarmaak. Die maklikste vir my is die volgende. Ek gebruik ñ swart ysterpot wat ii die oond kan gaan. Braai in die pot op die stoof die nek (+_ 1.5 kg) in bietjie olie.
Voeg 4-5 opgesnyde uie by, braai effens en ook so 2 wortels groot opgekap. (Uie is die basis vir die heerlike sous) Sout , peper en koljander nou.
Voeg ñ blikkie fyn tamatie by. Sit die deksel op en in die oond (160-170 C) vir ñ paar ure. Loer nou en dan. As dit te droog raak voeg bietjie water by.
Steek die vleis met ñ skerp mes as dit ampertjies sag is sit jy jou groente by. (Van nou af geen meer water want jou kos gaan waterig proe en jy kry nie daardie waterige smaak weggekook nie.)
So 3 opgesnyde wottels, 5 opgesnyde aartappels en blokkies butternut. Na halfuur kan jy ander sagte groente byvoeg bv baby marrow, baba mielies, peul ertjies. Verkieslik nie sampioene nie. Dit verander die smaak van jou dis heeltemal. Indien jou dis te waterig is kan jy dit met mielieblom of bisto effens verdik. Proe eers. As dit nie te sout is nie kan jy bisto gebruik. Vir my is die potjie op sy lekkerste as dit nie met goete verdik word nie)
Bedien met rys /koring/mielierys/stampmielies.
Baie sterkte. Jy kan dit doen.❤