OUMA FLORENCE SE PIESANGBROOD – MUFFINS
1 1/2 koppie koekmeel
1 koppie suiker
8 eetlepels botter of rama margarien
2 eiers
6 oorryp piesangs
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda in ‘n bietjie melk opgelos
knippie sout
Maak piesangs baie fyn. Klits botter of margarien en suiker goed, voeg eiers by en klits. Voeg piesangmoes, sout, koekmeel, bakpoeier en koeksoda wat met melk gemeng is by. Klits tot gemeng. Gooi oor in gesmeerde broodpannetjie en bak vir ongeveer een uur of tot gaar in oond van 180 grade. Ek het die vandag in muffinpanne gebak. Ongeveer 20 minute teen 180 grade C.
Nota: die groot geheim van die resep is, die piesangs moet letterlik pikswart van rypheid wees.
Bron en foto: Lorma Naude