


“MAC AND CHEESE” BURGER
Ek het Mac and Cheese burger gemaak.. die “buns” is mac and cheese.. ek’t ‘n video gesien met die resep en dit gevolg, sal dit nou vir julle share* het sommer crumbled mushrooms by gemaak*
1 pak pasta skulpies
2 eetlepels koekmeel
3 eetlepels butter
2 koppios melk
2 koppies room
4 koppies kaas
Sout
Peper
4 eiers geskei
Kellogg’s krummels
Meel
Kook olie vir diepbraai
Burger patty’s
Bacon
Uie
Blaarslaai
Tamatie
Kook pasta tot sag en dreineer.
Smelt botter in pot, gooi meel by.
Gooi nou melk en room by.
Kook tot dit effe verdik het.
Gooi peper en sout na smaak in.
Sit plaat af, gooi kaas in en roer tot dit gesmelt is.
Gooi oor pasta en roer goed deur.
Gooi pasta uit op bakplaat en versprei eweredig. (grootterige bakplaat)
Sit nou in diepvries vir teminste n halfuur of tot gestol.
Druk nou sirkels uit (ek het 12 uitgedruk gekry, hang af van grootte van sirkels)
Rol die “buns” in meel dan eierwit en dan in die krummels.
Braai in olie tot goud bruin en sit op kombuis papier.
Maak patties en bacon gaar.
Bou nou die burger met blaarslaai, patty, tamatie, uie en bacon.
Geniet.
Myburgh Streicher van Zyl
Foto en resep: Marlé Brits
2de Foto: Benhet Nieuwenhuis







geskuif