

KOOS SE GROENTE MET WITSOUS
Vandag was ek weer lus vir Groente met wit sous.
Sommer so uit die kop gemaak.
Twee Koppies koue melk.
Voeg by 1 pakkie Creamy Mushroom sop poeier.
Doen dit terwyl die melk koud is .Ek vind jy kry nie sommer klonte in jou sous as die melk koud is terwyl jy die sop poeier in meng.
Gooi een eetlepel gedroogte uie vlokkies by.
Verhit op stoof plaat maar roer die heel tyd dat die sous nie aanbrand nie.
Rasper so 200 gram wit cheddar en voeg by die sous terwyl jy dit roer tot alles mooi gesmelt het.
As dit te veel stol gooi bietjie melk by. As dit te min stol kan jy bietjie koekmeel meng met koue water en byvoeg.
Sodra die tekstuur nou volgens smaak is, haal af van die stoof en laat staan vir so 5 minute om te trek.
In ‘n ander pot het ek sommer gemengde groente: mielies, ertjies en wortels gaar gekook.
Gooi al die water af van die groente en gooi dan in ‘n oondbak.
Gooi nou daai wit sous by die groente in die bak en meng goed deur.
Rasper kaas bo-oor en bak in die oond tot die kaas mooi gesmelt is en begin bruin bak.
Vandag geniet saam met Gebakte Hoender, gebakte aartappels en wit rys.
Resep en foto: Koos van der Merwe







Geskuif