HOENDERNOEDELSOP
Hoendernoedelsop soos my kinders daarvan hou:
2 hoenderborsies (sonder vel of been) in blokkies gesny
1 ui gekap in klein blokkies
4 wortels geskil en in dun ringe gesny
3 middelslag aartappels geskil en in blokkies gesny
150g pasta (van jou keuse, ek het elbow macaroni gebruik)
250 g bevrore pitmielies
2 eetlepels botter
4 hoender stock blokkies of 2 knorrox chicken stockpot en 1 chicken stock blokkie
Om en by 3L kookwater
Smelt botter in pot en en roer ui, hoender, wortel en aartappels deur tot die hoender geseël is.
Voèg stock blokkies by en roer.
Voeg water by en kook tot amper gaar, so 15-20min.
Voeg noedels by en mielies ook. Kook vir 7min of tot noedels gaar is.
Ek voeg knoffel ook by as ek die hoender braai, so ñ opgehoopte lepel omdat ons van knoffel hou.
Ek skep dan op en strooi sout en peper na smaak by en ook Ina Paarman se chilli & garli spice na smaak by my sop. Ek het vanaand vars rissies en knoffel ook in my sop in gesny en dit was heerlik.
Die lekkerte van die sop is dit is baie vinnig om te maak en baie aanpasbaar na smaak. Ek het al bacon ook gesny en gebraai saam met die ui voor ek die hoender byvoeg. Mens kan letterlik enigiets byvoeg of uitlaat.
Dit was my vriendin Johanna se resep wat ek aangepas het soos my gesin daarvan hou.
FOTO EN RESEP: Elizabeth Frylinck Claassens