ALET CRUYWAGEN SE SNOEKTERT
Julle ek het dit sommer uit my kop uit gemaak maar hier kom dit.
Kook 4 aartappels in 2 kop van die water waarin jy die snoek gekook het.
Sodra aartappels sag is, krummel jy drie snye witbrood by en ‘n eetl margarien, maak die aartappels lekker fyn in die broodmengsel.
Laat prut tot ‘n papmengsel.
Voeg by 3 kop gevlokte snoek, 3 eiers, ‘n halwe kop melk, sout, peper en die sap van ‘n halwe suurlemoen.
Meng alles, gooi in bak en bak vir 20 tot 35 minute.
Dis regtig lekker
Foto en Resep: Alet Cruywagen