

ADAM SE BEESPOOTJIE SOP
(OX TROTTER SOUP)
Bestanddele:
1kg beespootjies
1 groot ui opgekap
½ koppie opgekapte seldery
3 tiemie spriete
1 teelepel witpeper
1 eetlepel gerookte paprika
1 teelepel cayenne peper
sout na smaak
1 teelepel fyn knoffel
250g gekapte wortel stukke
twee opgekapte tamaties
1 pakkie beesstert soppoeier
Metode:
Verhit ‘n groot swaarboom pot met 2 eetlepels olie en voeg die uie daarby. Braai liggies vir 2 minute. Voeg die tamaties by, en roer deur die uie vir ‘n minuut. Voeg dan al die speserye, kruie en geurmiddels saam met die knoffel by en roer vir een minuut. Voeg die pootjies by en 6 koppies water. Bring tot kookpunt en laat prut vir 2 tot 2 ½ uur. Voeg die wortels ongeveer 20 minute voor die einde van die kooktyd in. Meng die soppoeier met ‘n koppie water en voeg dit 10 minute voor die einde van die kooktyd by. Pas die geursel aan indien nodig.
Bron en foto: Adam Cloete






