


VERSIERSELS EN WENKE VIR SPUITSAKKE MET ROOS NOZZLE’S
Foto en resep – Marieta James:
Ek maak altyd my versiersuiker met die wit Wooden spoon margarien. Omdat ek baie keer fondant gebruik.
500 g Wooden spoon margarien
1 kg versiersuiker
+- 50 ml vars room
10 ml vanilla geursel
Klits die margarien tot lekker “fluffy”. Voeg die versiersuiker bietjie vir bietjie by en laastens die room en vanilla. Klits vir 5 min op hoë spoed. Die room maak dit heerlik sag en jy het nie die effense growwigheid van die versiersuiker nie. Plaas die versiersuker (nadat dit gekleur is) in die yskas om effe stywer te word. Vir hierdie nozzles moet dit effe stywer wees
Bernadethe van Wyk:
Lekkerste versiersel ooit vir my, jy gaan jou vingers aflek. Werk ook goed vir spuitsak of “piping”.
500 g Wooden spoon wit margarien
6 koppies versiersuiker
15 ml vanilla geursel
15 ml suurlemoensap
Room die margarien goed met ‘n klitser in ‘n mengbak.
Voeg die versiersuiker koppie vir koppie by terwyl aanhoudend klits.
Voeg die geursel en suurlemoensap by en meng deur.
SupportiveCrocodile5153:
My geheim van lekker versiersel is dat jy regte botter moet gebruik of dan ten minste n margarien met ‘n vet inhoud van 80%.
Botter moet sag wees dat jy jou vinger so 1 cm daarin kan druk.
Indien jy ‘n staanmenger gebruik, begin met die ballon klitser eerste.
Klits die botter vir 10 minute, voeg die gesifde versiersuiker koppie vir koppie by.
Indien dit te dik raak, kan jy eetlepelgewys water, melk of room byvoeg, ek verkies room.
Klits verder vir nog 10 – 15 minute.
Laastens, voeg jy 2 teelepels vanilla geursel by.
Heg nou die K klitser aan die menger en klits vir nog 5 minute.
Dit maak die versiersel glad met geen klonte of lugborrels.
Gebruik ook eerder ‘n poeier of gel kleursel indien jy die versiersel wil kleur.
Vir sjokolade versiersel, los eers die gesifde kakao poeier op in klein bietjie warm water voor jy dit by klits.
Ek voeg ook ‘n teelepel koffee poeier by. Hier is my resep, genoeg vir 12 kolwyntjies:
1 koppie botter
4 koppies versiersuiker
knippie sout
2 teelepels vanilla geursel
3 – 5 eetlepels room
Kan resep verdubbel vir groot koeke.






