

VANILLA KOEK,KONDENSMELK EN VLAPOEDING
Koek krummels wat oorgebly het van ‘n opgesnyde vanilla koek.
1 blik Kondensmelk gekook saam met 150 ml Melk en 200 ml Water.
Toe dit kook het ek 50 ml Melk met so 60 ml Vla poeier gemeng en daarby gegooi en verder gekook totdat dit dik geword het.
Druk ‘n lagie koek vas in die onderkant van bakkies of glase en skep ‘n laag vlamengsel oor.
Strooi weer koek oor en nog ‘n laag vla mengsel.
Het laaste koek krummels oorgesprinkel en versier dan na keuse
Bron en foto: Frances Smith






