PETRE SE PASTA MET MAALVLEIS
Maalvleis
500 gr maalvleis
1 ui grof gekap
Halwe pakkie Sampioene gekap
1 klein Soetrissie in blokkies gesny
Grof gemaalde Swartpeper
Sout
Oreganum
Tiemie
1/2 teelepel fyn Knoffel
1/2 koppie Rooiwyn
1 eetlepel Worcestersous
1 pakkie Tamatiepasta
Suiker na smaak
Braai ui in n bietjie olie tot sag en deurskynend… voeg res van bestanddele by en kook goed deur.. Voeg 1 1/2 koppie water gemeng met 1 pakkie soppoeier (na smaak) by.. Kook goed deur…
Kook intussen die Macaroni… dreineer en voeg die Maalvleismengsel daarby.. kan kaas oor rasper en in die oond bak, of netso opdien..
Bron en Foto Petre van Jaarsveld