PEKANNEUT TERT MET KARAMEL
4 eiers
250 ml suiker
1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngemaak
200 g pekanneute, fyn gekap
20 ml bakpoeier
1 blik (380 g) karamelkondensmelk
250 ml room
5 ml kaneel
25 ml versiersuiker
Heuning
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n losboomkoekpan van 20 cm met olie of spuit goed met kleefwerende kossproei.
Klits die eiers goed tot lig en skuimerig. Voeg die suiker by en klits vir ongeveer 10 minute tot liggeel en dik. Voeg die fyn Mariebeskuitjies, neute en bakpoeier by en vou dit versigtig by die eiermengsel in. Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 minute, tot deurgaar. Laat vir ‘n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Sodra die tert se basis kamertemperatuur bereik het, smeer die karamelkondensmelk bo-oor. Klits nou die room en versiersuiker styf en smeer dit bo-oor die karamel. Sprinkel ’n bietjie kaneel oor en drup heuning bo-oor. Sit voor met koffie of tee. Lewer 12 porsies.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete