

OUMA SE GEMMERKOEKIES
Moeder se resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
500 g botter
500 g stroop, nie kook nie
3 ½ teelepels koeksoda
2 eetlepels lou water
5 koppies geelsuiker
6 groot eiers
Droë mengsel:
12 koppies koekmeel
1 teelepel sout
3 ½ teelepels kremetart
150 ml fyn gemmer
Smelt die botter en stroop saam, nie kook nie.
As dit gesmelt is, haal van stoof af en voeg die koeksoda opgelos in die lou water by.
Klits dan die geelsuiker in die stroopmengsel in. Klits die eiers bietjie en voeg by stroopmengsels. Klits nou alles saam.
Voeg al die droë bestanddele bymekaar en meng met die stroopmengsel.
Laat dit staan vir ± 3 uur, rol in balletjies van so 16 gram, druk effens met die duim en bak vir 10 min by 180ºC, draai die panne en bak dan weer 10 min.






