

KYLE SE “LEKKER BEK” SOUS
Hierdie is my eie sous. Dit kan gebruik word vir hoender, bees, vark, aartappels of pasta. Dit is so lekker dat jy net meer sal wil hê. Die sous is genoeg vir 4 mense
250 ml room
1 Knorr “stock pot” – hoender geursel
¼ rooi, groen en geel soetrissie
vars rissies (so warm soos wat jy dit wil hê) – opsioneel
1 ui
2 knoffelhuisies
2 Kabanosies (chorizo of gerookte salami sal ook werk) – ongeveer ‘n ¾ koppie
gerookte kaas
Kap die soetrisssies, ui en knoffel fyn. In ‘n pan, gooi bietjie olyf olie en braai (oor matige hitte). As die uie begin verkleur, gooie die kabanosies (chorizo of salami) by en braai net ‘n bietjie saam. Voeg die room en “stock pot” by en kook op matige hitte totdat dit bietjie dikker begin raak. Jy hoef nie te veel te roer nie maar roer so nou en dan en hou ‘n ogie. As dit dikker begin word, haal van die stoof af en gooi ‘n lekker, groot handvol gerookte kaas in. Roer deur totdat die kaas gemelt is.
In die foto het ek net bietjie gedroogte chillies op my hoender borsies gesit (geen sout). Die aartappels is oorskiet (gekookte) aartappels met uie en suikermielies wat lekker in ‘n pan gebraai is.
Foto en resep: Kyle Jensen






