


KYLE SE HOENDER EN SPEK PAKKIES
Weereens ‘n baie maklike resep om ietsie gou te maak. Nou net dit klaar gemaak en genoeg vir 2 mense.
1 pakkie strepiespek
1 hoender borsie
1 groot ui, gesmoor
gerasperde gerookte kaas
Vleg die strepiespek en smeer Ms Balls blatjang oor dit. Pak gesmoorde uie bo-op, gerookte kaas en dan hoender. Ek het die hoender geseël in ‘n pan sodat dit nie so lank vat om te kook nie. Rol dit alles op en plaas in ‘n bak. Verhit oond op 160°C en bak. Saam met dit het ek aartappels gesit wat half gekook was en lekker vars geel wortels en pastinaak ( parsnip) met Ina Paarman se suurlemoen en knoffel speserye. Bak tot die spek lekker bruin is. Probeer dit! Dit het nie eers sous nodig nie.
Resep en foto: Kyle Jensen







geskuif