

IDEES MET CHILLIES
Jy maak die heerlikste relish met die chillies of groenes soos die bakkies by Ocean Basket. Chop jou chilli fyn, as jy pieperig is haal die saad eers uit. Meng dan die fyn chilli met bietjie asyn, olyfolie, suiker, sout en ‘n teelepel appelkooskonfyt. Laat dit rukkie staan voor bedien.
Bron: Elize de Kock
Nou net 2 chillies gaan uitgehaal vir vanaand se kerrie. Ontvries baie gou, so 20 minute
Bron: Elize de Kock
Ek lê verskillende chillies in en ek het nog van verlede jaar sn op rak makeer niks. Haal pitte uit en gooi kookwater oor los 5 minute dreineer en gooi kokende gelyke hoeveelheid wit asyn water en suiker oor en seël dadelik.
Bron: Linda Victor
Ek het nou die dag pepperdews in gele en hul is heerlik, ja al die picking resepte se jy moet jou pickles oor nag in sout water le maar ek het al onderfind dat dit dan te sout is. Ek het my pepperdews gehalveer pitte uit gehaal, in n kastrol n koppie water koppie asyn koppie suiker en n teelepel sout en jy kan maar proe of jy dan genoeg van alles in het ek hou van n soeterige suur smaak. Kook dan eers jou mengsel laat dit borrel gooi jou chillies in en haal kastrol dadelik van stoof af, skep in gesterliseerde flesse. Laat dit n paar dae staan voor jy dit gebruik.
Bron: Delene Du Toit
Foto: Elize de Kock






