HILDA SE TUNA SOP
1 blik tamatiesop
1 blik ertjiesop
1 blik melk
1 blik tuna (ek verkies tuna in olie, gooi olie af)
Meng, kook deur, alles kom sommer bymekaar as jy dit goed deurroer voor jy kook. Jy kan smaak middel by gooi as wil maar dit is nie eers nodig want die soppe is mos gegeur. As jy dit vir voorgereg voorsit sal ek bietjie room en pietersielie oorsit. Ek het die resep al honderde keer gedeel, maklik en gou. Ek hou nie van die water tuna nie, asof dit vir my ‘n bliksmaak aan sop gee, maar almal se smaak is mos maar verskillend. Dit is heerlik!
RESEP: Hilda Fischer






