

BEESSTERT KASSEROL
2 kg beesstert
2 groot uie, gekap
4 tamaties, ontvel en gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
1 teelepel paprika
¼ teelepel fyn naeltjies of 8 heel naeltjies
½ teelepel swart peper
1 teelepel sout
¼ koppie Worcester sous of bruin asyn
2 teelepels suiker
3 bief blokkies of liter vleis aftreksel
Groente van jou keuse bv. wortels, botterskorsie, sampioene, kolwyn pampoentjies (patty pans), murg pampoentjies, baba aartappeltjies en klein mielies.
Meng ongeveer so 4 eetlepels meel en so half teelepel barbeque speserye net om vleis mee te “braze”. (Soms bere ek die orige meel wat oorbly en verdik later die sous daarmee indien nodig. As jy dit dalk in stoompot gemaak het is sous soms dunnerig)
Vat beestert en rol dit in meelmengsel en verbruin dit in braaipan op die stoof in bietjie olie.
Skep in kasserol pan. Voeg die uie, tamaties en vleisaftreksel en res van die speserye in en los hom oornag op 100°C in die oond met deksel op. Volgende more sit groente by en sit oond op 160 vir ongeveer ‘n uur.
Of
begin die oggend 9 uur geur en berei vleis voor soos bo, sit dan in toe kasserol in oond op 180°C vir 3 ure en sit dan groente by en los nog so uur by 160°C.
Bedien saam met rys.
Foto en resep: Gina Schoeman






