

BAREND SE BEESSTERT POTJIE
Hi ek het R250 se bees stert gekoop, op kole in no 3 Falkirk potjie,
3 groot uie fyn gekap, in egte botter gebraai in potjie.
Beestert net so ingesit,
250 ml Douglas Green Port,
1 koppie Ms Ball’s chutney gewone een, laat prut vir 3,5 ure.
Na dit gooi ‘n groot bekker dik beesstert sop aangemaak met water in, groente , mielies , wortels , klein aartappels, yellow panzies, in vir 30 min bo-op vleis , maak groot seker dat sekelhout bos charcoal lig brand nie te warm nie, skep op en iets soos Port wyn, of Jack Daniels, geniet dit julle.
Bron en Foto: Barend Van Heerden







done