

TRADISIONELE NEDERLANDSE HUTSPOT
Hutspot
Leidens Ontzet:
In 1574 is Leiden maande lank beset deur die Spanjaarde, met die bedoeling om hulle uit te honger en sodoende die stad weer onder Spaanse bewind te kry. Uiteindelik is Leiden op 3 Oktober 1574 bevry deur die Watergeuzen. Hulle het die dyken deurboor en die Spanjaarde moes vlug vir die water. ’n Jong seun het vroeg die oggend na die verlate Spaanse kamp gegaan en daar ’n maaltyd in ’n kookpot gevind wat die Spanjaarde besig was om op die vuur voor te berei. Die maaltyd het bestaan uit pastinaak (parsnip/witwortel), wortels, vleis en uie. Die Watergeuzen het haring en brood saam met hulle gebring en daarmee was dit die maaltyd wat die Leidenaren geeet het n die maande lange besetting.
Die verskil met die hutspot was deesdae geeet word, is dat dit berei word met aartappels in plaas van pastinaak. In Leiden is dit nog steeds tradisie om op hierdie dag Leidens Ontzet te vier en elke jaar word hutspot, haring en witbrood uitgedeel en geeet.
400 g bees kookvleis (met bietjie vet aan)
75 g botter
4 uie, 2 fyn gesnipper en 2 in ringe
2 laurierblare
1 teelepel dille saadjies of 1 e vars dille (opsioneel)
sout en (vars gemaalde) peper
1 beesvleis blokkie
750 g aartappels, geskil en in stukke
750 g geelwortels, in skyfies
Sny die vleis in groot dobbelstene.
Verhit die botter in ’n braaipan en bak die vleis op ’n warm plaat vinnig tot bruin aan buitekant.
Braai die gesnipperde uie ’n tydjie saam.
Voeg ’n bietjie water, die laurier, dille, sout en peper by en laat dit 2 ure lank stadig prut.
Kook die aartappels, wortels en uieringe in min water met die beesvleis blokkie vir ongeveer 25 minute tot sag.
Giet die aartappels en groente af en druk dit fyn.
Meng die vleis en ’n deel van die sous met die gepureerde groente tot ’n sappige stamppot.
Geur die hutspot met sout en peper en bedien die res van die sous apart by.
Resep vertaal deur Barbara Vermeulen






