


SPOORWEG KOFFIE
Resep met ons gedeel: Bets Lourens
Bron: ou Kook en Geniet Resepteboek
Foto: Annetjie van Huyssteen
FOOD LOVERS RECIPES
3 koppies witsuiker
2 koppies sterk moerkoffie (klaar getrek)
3 koppies kookwater
½ teelepel sout
Roer suiker oor lae hitte in kastrol tot gekaramelliseerd. Voeg moerkoffie by. Roer oor lae hitte vir 10 tot 15 min (om koffiesterkte te verhoog). Voeg eerste 2 koppies kookwater by, bietjie vir bietjie (wees versigtig, kan vinnig oorkook). Roer aanhoudend vir 2 minute. Voeg dan res van kookwater by, bietjies bietjies, ¼ koppie op ‘n slag, roer aanhoudend. Voeg sout by en roer goed deur. Laat goed afkoel. Filter deur baie fyn siffie, of lappie om enige koffiemoer te verwyder. Laat koud word en bottel. Bere in yskas tot benodig.
NS: Gebruik 1 teelepel kofffiestroop per koppie, ½ koppie kookwater en ½ koppie kookmelk. Selfs beter met net gekookte melk.
KOFFIE EKSTRAK
Karameliseer 1 koppie wit suiker tot donkerbruin stroop. Voeg 1 koppie gemaalde koffie (moerkoffie) by en roer aanhoudend tot blou dampe daarop sigbaar is. Verwyder van die hitte en voeg 3 koppies koue water en 1½ teelepel sout daarby. Verhit dit weer tot kookpunt en laat 30 minute lank kook. Laat dit staan om af te sak, syg dit deur ‘n klam deursygdoek en bottel. Gebruik 1 tot 2 teelepels op 1 koppie kookmelk en water vir elke koppie koffie. Die resep is voldoende vir 50 koppies koffie.
Nota: Annetjie van Huyssteen
Ek gebruik die hele 500 g koffie, plaas sommer in groot pot en kook op stadige hitte sodat die koffie uiters sterk is. Intussen karameliseer ek 5 koppies suiker tot lekker karamel. Dan dreineer ek die koffie deur moeselien doek en voeg dit stadig by karamel in…dit kook baie maklik oor. Dan kook ek dit maklik tot ‘n uur oor stadige hitte (hoe langer hy kook hoe meer ekstrak raak hy). Koel af ek giet sommer as koud in lee koeldrank bottel. Jy gebruik so 15ml (1 eetlepel) op koppie koffie






